August 5, 2021

Twee mans gesoek na beweerde groepsverkragting van minderjarige

Sy is na ’n huis in Jouberton geneem waarna al drie mans beurte gemaak het om haar te verkrag.

Twee mans gesoek na groepsverkragting van minderjarige

Twee mans gesoek na groepsverkragting van minderjarige

KLERKSDORP. – Twee mans word gesoek na die beweerde groepsverkragting van ’n minderjarige. Die 15-jarige tiener is glo Woensdag 13 Julie 2021 om die beurt deur ’n taxibestuurder en twee ander verdagtes verkrag.

LEES OOK: Vrou val glo kêrel aan, word doodgesteek

Twee mans steeds op vrye voet na beweerde groepsverkragting van minderjarige

Lt. kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die tiener was Woensdag op pad huis toe van ’n vriend af en het ’n taxi geneem. Die bestuurder van die taxi het by ’n huis gestop en twee ander mans, wat balaklawas aangehad het, opgelaai.

Die taxibestuurder het daarna in ’n ander rigting gery en toe die meisie hom daaroor uitvra, het een van die mans haar glo met ’n mes gedreig.

Maak glo beurte om haar te verkrag

Sy is na ’n huis in Jouberton geneem waarna al drie mans glo beurte gemaak het om haar te verkrag.

Na die voorval is sy by ’n nabygeleë spoorlyn afgelaai en sy het haar pad huis toe gevind. Sy is deur familie na ’n hospitaal vir ’n mediese ondersoek geneem.

Taxibestuurders help om verdagte te identifiseer

Die polisie het ’n saak van ontvoering, roof en verkragting geopen. Die meisie het haar oom sowel as die polisie na die huis geneem waar die voorval plaasgevind het. Daar het ander taxibestuurders gehelp om die taxibestuurder wat haar glo verkrag het, te identifiseer.

Die verdagte (33) is in hegtenis geneem en het Vrydag 15 Julie 2021 in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Polisie vra gemeenskap se hulp

Die ander twee verdagtes word egter steeds deur die polisie gesoek en enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om vir sers. Kenneth Ntshekane by 078 407 6351 te skakel.

LEES OOK: Bloemfontein-man in ongeluk met trein oorlede

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *