August 5, 2021

Olimpiese Spele-atlete gaan op ‘anti-seks’-beddens slaap

Daar word berig die beddens is ontwerp om segs die gewig van een persoon te dra.

Olimpiese Spele-atlete gaan op "anti-seks"-beddens slaap

Olimpiese Spele-atlete gaan op "anti-seks"-beddens slaap Foto: usnewszone.com

TOKIO. – Die Olimpiese Spele-atlete gaan vanjaar op “anti-seks”-kartonbeddens slaap in ‘n poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Daar word berig die beddens is ontwerp om segs die gewig van een persoon te dra. Indien meer as een persoon op die bed is, sal die bed ineenstort. Die kartonbeddens is 100% herwinbaar en is deur die Japannese maatskappy Airweave ontwerp.

Atlete klaar positief by Olimpiese Spele getoets

Fox News het Sondag berig minstens twee atlete het volgens amptenare reeds positief getoets vir Covid-19 by die Olimpiese Dorp in Tokio. Daar word verder berig volgens ‘n ander inwoner van die dorp het ‘n besoeker uit die buiteland wat betrokke was by die beplanning van die Spele, die dag tevore positief getoets.

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *