Man in hegtenis oor onwettige besit van vuurwapen

Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn.

Man in hegtenis oor onwettige besit van vuurwapen (Foto: South African Police Service, Facebook)

Man in hegtenis oor onwettige besit van vuurwapen (Foto: South African Police Service, Facebook)

‘n Man (35) is Maandag op George in hegtenis geneem na hy glo in besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie betrap is.

Kapt. Pojie, polisiewoordvoerder, sê polisielede het die man by ‘n voertuigdeursoekpunt betrap toe hulle sy verdagte voertuig raakgesien en deursoek het. Hulle het ‘n 9 mm-pistool en ‘n magasyn met 7 rondtes in in die motor gevind.

Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn.

Lees ook: Vier dood toe motor middeldeur skeur

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *