August 1, 2021

Vier dood toe motor middeldeur skeur

Die motoris het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit in ‘n boom vasgery het.

Vier dood toe motor middeldeur skeur (Foto: ABC News)

Vier dood toe motor middeldeur skeur (Foto: ABC News)

ILLINOIS. – Vier mense is dood en twee beseer toe ‘n motor Saterdagmiddag om ongeveer 14:24 in ‘n ongeluk betrokke was en in die proses middeldeur geskeur het.

Die motoris het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit in ‘n boom vasgery het.

Die insittendes se name is nog nie bekend nie, maar volgens owerhede is twee persone op die toneel dood verklaar en die ander twee is dood na hulle by die hospitaal vir behandeling opgeneem is.

Die ongeluk het in Illinois, VSA gebeur.

Die polisie ondersoek nog die saak. – ABC News

Lees ook: KYK: So hou Shoprite plunderaars weg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *