Egpaar op plaas in Ficksburg-omgewing met messe aangeval

Die egpaar het nie vuurwapens in hulle besit gehad nie.

Egpaar op plaas in Ficksburg-omgewing met messe aangeval

Egpaar op plaas in Ficksburg-omgewing met messe aangeval Foto: Facebook

VRYSTAAT. – ‘n Egpaar, Jasco en Maria Dinkelman, het Sondagaand tydens ‘n plaasaanval in die Ficksburg-omgewing ernstige meswonde opgedoen.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Maria het die betrokke aand om 19:25 seker gaan maak of die skuifdeur gesluit is. Die deur was oop. Volgens Makhele het drie mans haar toe eweskielik bestorm. Een van die mans het na bewering ‘n vuurwapen op haar gerig. Die ander twee was glo met ‘n byl en mes gewapen.

“Die drie mans het Maria daarna in die slaapkamer ingedwing. Jasco wou sy vrou help, maar is in die proses met die mes in sy linkerhand en nek gesteek. Maria is ook in haar nek gesteek. Altwee het baie bloed verloor”

Die mans het glo kontant en vuurwapens geëis. R26 000 wat in die egpaar se kluis was, is aan die mans oorhandig. ‘n Selfoon en ‘n tabletrekenaar is ook buit gemaak. Die egpaar het nie vuurwapens in hulle besit gehad nie.

Volgens die polisie is niemand al in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *