Vyf verdagtes slaan toe op kleinhoewe, steel R50 000

Volgens verslae het die vyf verdagtes die woning op die kleinhoewe om ongeveer 00:10 bestorm.

Vyf verdagtes slaan toe op kleinhoewe, steel R50 000 (Foto: Ideal Home)

Vyf verdagtes slaan toe op kleinhoewe, steel R50 000 (Foto: Ideal Home)

Die Beacon Bay-polisie is tans op soek na vyf manlike verdagtes van onbekende ouderdomme wat glo vroeg Maandagoggend op ‘n kleinhoewe in Oos-Londen toegesak het.

Volgens verslae het die vyf verdagtes die woning op die kleinhoewe om ongeveer 00:10 bestorm en aangedring daarop dat die slagoffer die skuifdeur oopmaak, sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.

“Na hulle gedreig het om hom te skiet, het een van die verdagtes die skuifdeur stukkend geslaan. Hulle het vir die man gesê hulle soek geld en toe hulle besef dat hy nie alleen in die huis is nie, het hulle die vrou ook beveel om vir hulle geld te gee.”

Die verdagtes het ‘n onbekende som geld en twee selfone, alles saam ter waarde van R50 000, gesteel en gevlug.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook: Vier dood toe motor middeldeur skeur

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *