Polisieman verkoop dossier en skootrekenaar

De Bruin is intussen afgedank.

Polisieman steel dossier en skootrekenaar, kry 50 jaar tronkstraf

Polisieman steel dossier en skootrekenaar, kry 50 jaar tronkstraf Foto: brproud.com

VRYSTAAT. – ‘n Polisieman, adjunk-offisier Frederick George de Bruin (50) van die Vrystaat, is tot 50 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n skootrekenaar en dossier van die staat verkoop het.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het De Bruin in Januarie 2021 vir ‘n verdagte wat van roekelose en nalatige bestuur aangekla is, gesê hy sal die betrokke dossier aan die verdagte vir R5 000 verkoop. Die vedagte het die voorval gaan aanmeld. Daar is aan die verdagte gesê om voort te gaan met die transaksie om sodoende ‘n lokval vir De Bruin te stel.

Polisieman afgedank

Volgens Makhele het lede van die teenkorrupsie-eenheid De Bruin se huis deursoek en die kwitansie van ‘n staatskootrekenaar wat hy verkoop het, gevind. R5 000 is ook in sy besit gevind.

“De Bruin is intussen afgedank.”

De Bruin is Maandag in die Odendaalsrus-landdroshof 15 jaar tronkstraf vir korrupsie, 15 jaar tronkstraf vir diefstal van die skootrekenaar, 15 jaar tronkstraf vir diefstal van die dossier en vyf jaar vir dwarsboming van die gereg gevonnis.

LEES OOK: Egpaar op plaas in Ficksburg-omgewing met messe aangeval

LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *