Durban DBV-personeel sluit hulself tydens onluste saam met diere toe

Hulle verwag ook dié week ‘n stormloop van diere-eienaars wat nie meer na diere kan omsien nie.

Die Durban-DBV het op hulle Facebook-blad 'n plasing gemaak waarin hulle verduidelik dat kos vir die diere skaars is.

Die Durban-DBV het op hulle Facebook-blad 'n plasing gemaak waarin hulle verduidelik dat kos vir die diere skaars is (Foto: Durban SPCA)

DURBAN. – Durban se DBV-personeel het tydens verlede week se onluste hulleself saam met die diere toegesluit en het gereed gemaak om die diere te beskerm.

Volgens Good Things Guy het die plunderaars geen skade aan die personeel of diere aangerig nie.

Alhoewel die DBV-personeel verlig was toe hulle geen leed aangedoen is nie, is daar steeds geen manier vir hulle om aan te gaan soos normaal nie.

Die Durban-DBV het op hulle Facebook-blad ‘n plasing gemaak waarin hulle verduidelik dat kos vir die diere skaars is weens winkels wat geplunder en gevandaliseer is. Verder verwag hulle ook dié week ‘n stormloop van diere-eienaars wat nie meer na diere kan omsien nie, asook van mense wat diere wat van hulle huise geskei is, sal inbring.

“Ons honde en katte het kos nodig en daar gaan binnekort ‘n tekort wees. Sodra ons weer oopmaak, sal ons oorstroom word met nog honderde honde en katte wat afgegee word deur eienaars wat dit nie meer kan bekostig om hulle aan te hou en te versorg nie.”

-DBV DURBAN (SPCA DURBAN)

Enige donasies is welkom. Kliek hier om ‘n donasie op hul webtuiste te maak.

Lees ook: Suid-Afrikaanse weermag roep alle reserwe-weermaglede op

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *