August 5, 2021

Suretha appelleer teen borgtoguitspraak – ‘kinders trek swaar’

Die regter sal na verwagting Woensdag die uitspraak bekendmaak.

Suretha appelleer teen borgtoguitspraak - 'Kinders trek swaar'

Suretha appelleer teen borgtoguitspraak - 'Kinders trek swaar' Foto: Verskaf, Facebook

NOORD-KAAP. – Suretha Brits (30), wat van die moord op haar man aangekla word, het Vrydag in die Kimberley-hooggeregshof verskyn om teen haar borgtoguitspraak te appelleer.

Brits is op 17 Mei 2021 borgtog geweier. Haar regsverteenwoordiger, Sharon Erasmus, voel Brits kan op borg vrygelaat word, aangesien haar kinders, dogter (12) en tweelingseuns (10), emosioneel swaar trek. Sy beweer verder Brits hou nie ‘n vlugrisiko in nie. Brits se paspoort is voor haar inhegtenisneming ingehandig en daarom kan sy nêrens heen nie.

Volgens die staat het Brits met staatsgetuies ingemeng en daarom wil hulle haar nie borg toestaan nie. Volgens die staat het Brits en ‘n vriend, wat ‘n staatsgetuie is, ontmoet nadat daar aan haar ‘n opdrag gegee is om geen van die getuies te kontak nie.

LEES OOK: Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor

Brits word daarvan aangekla dat sy die meesterbrein agter haar man se moord was. Sy het na bewering ook 15 Krugerrande, tussen R80 000 en R90 000 kontant, ‘n geweer, twee pistole, kluissleutels, ‘n leersak, en vier diamante gesteel. Verder word sy van regsverydeling en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla.

Die regter sal na verwagting Woensdag die uitspraak bekendmaak.

Jacques van Vuuren (37) is reeds tot 20 jaar tronkstraf vir sy betrokkenheid by die moord gevonnis. Hy beweer Suretha was die baasbrein agter die moord. Die hooggeregshof in Kimberley het hom 25 jaar gevonnis vir die moord, waarvan vyf jaar opgeskort is, 15 jaar weens roof met verswarende omstandighede en drie jaar weens die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word en Van Vuuren sal effektief 20 jaar agter tralies wees.

LEES OOK: Pofadder-moord: vrou vandag borgtog geweier

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *