August 1, 2021

Wenke om virale video’s en stemnotas op sosiale media te verifieer

Africa Check stel voor gebruikers maak van die Twitter-soekopsie gebruik.

Hier is 'n paar wenke oor hoe jy video's en stemnotas kan verifieer.

Hier is 'n paar wenke oor hoe jy videos en stemnotas kan verifieer. (Foto: Unruly)

Sosiale media het groot verandering in ons daaglikse lewegebring , die manier waarop ons kommunikeer, asook hoe ons op hoogte van sake bly. Gebruikers kan stemnotas en video’s deel, maar hoe weet jy vrr seker hierdie instrumente is outentiek en wettig? Hier is ‘n paar wenke oor hoe jy video’s en stemnotas kan verifieer.

Volgens IOL kan die onluste wat verlede week in KwaZulu-Natal plaasgevind het as voorbeeld gebruik word. Daar is glo talle video’s, veral op Whatsapp oor die onluste, rondgestuur. Baie van hierdie video’s is vals en is nie tydens hierdie spesifieke protesaksie geneem nie.

Daarom is dit belangrik vir sosialemediagebruikers om video’s en stemnotas te verifieer voor hulle dit aanstuur en verder vals nuus versprei.

In ‘n artikel wat op 13 Julie deur die nie-winsgewende feitekontrolegroep, Africa Check, gepubliseer is, getiteld: “Pasop voordat u deel! Hierdie #ShutdownSA-video’s is misleidend” sê die groep ‘n gebruiker moet leidrade in video’s soek om te verifieer waar dit geneem is.

Dit kan vlae, skrif en unieke geboue of strukture insluit.

Terwyl Whatsapp nie ‘n soekopsie het wat kan help met die verifiëring van video’s nie, stel Africa Check voor gebruikers maak van die Twitter-soekopsie gebruik. Dit sal die gebruiker in staat stel om die tyd en plek van spesifieke video’s vas te stel.

Gebruikers moet ook versigtig wees vir anonieme stemnotas. Verifieer altyd enige aankondigings vanaf die staat deur op hul mediaplatforms daarna te soek.

Verifieer video’s deur Africa Check

Africa Check bied ‘n diens aan gebruikers om ‘n virale video via WhatsApp of Twitter-bladsy in Suid-Afrika, Senegal, Kenia en Nigerië te verifieer.

Suid-Afrikaanse gebruikers kan ‘n WhatsApp stuur na +27 73 749 7875 om video’s te verifieer.

Lees ook: Bheki Cele gaan weer Durban besoek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *