Borsinplantings maak vrou siek

“Ek kan nie presies die dag onthou waarop ek begin sleg voel het nie. Ek het stelselmatig al hoe meer begin moeg raak, totdat ek later glad nie meer deur die dag my oë kon oophou nie. Die simptome het net van daar af erger geraak.”

Borsinplantings maak vrou siek

Borsinplantings maak vrou siek

‘n Vrou se borsinplantings het haar dodelik siek gemaak. Depressie, geheueverlies, moegheid, hare wat in bosse uitval, geswelde en pynlike gewrigte en seer spiere is maar van die simptome wat een vrou ervaar het toe sy paar jaar gelede borsinplantings gekry het.

LEES OOK: Drie mense wen Lotto-boerpot

Kry borsinplantings vir eks-man

’n Jong vrou vertel anoniem hoe sy jare gelede borsinplanting op versoek van haar eks-man gekry het.

“Ek was pas getroud en wou hom gelukkig maak, dus het ek ingestem om die operasie te laat doen. Ek het in die eerste paar maande na die operasie baie goed oor myself gevoel. Ek was meer selfversekerd.”

Begin sleg voel

Dinge tussen die vrou en haar man het nie uitgewerk ’n nie en sy het kort na hulle egskeiding begin sleg voel.

“Ek kan nie presies die dag waarop ek begin sleg voel het, onthou nie. Ek het stelselmatig al hoe meer begin moeg raak, totdat ek later glad nie meer deur die dag my oë kon oophou nie. Die simptome het net van daar af erger geraak.”

Toetse wys niks

Sy het vir talle toetse en tweede opinies gegaan, maar dokters kon niks fout met haar find nie.

Dit is eers nadat sy op ’n mamma-groep gelees het van ’n ander vrou wat deur dieselfde is dat sy besef het sy het borsinplantingsiekte (BII), dat dit haar borsinplantings is wat haar siek maak.

Besluit om dit te verwyder

“Ek het my vrese met n baie oulike dokter bespreek en saam het ons besluit om na slegs drie jaar my borsinplantings te verwyder.”

Nie lank daarna nie is haar borsinplantings tydens ’n operasie verwyder.

“Ek het binne dae na die operasie ’n verskil in my gesondheid gesien en slegs ’n paar weke later het ek weer 100% soos my ou self gevoel.”

LEES OOK: Bemagtigende dinge wat elke vrou voor haar 30ste verjaardag moet doen

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *