Drie mense wen Lotto-boerpot

Dit lyk of R45 die gelukkige bedrag is, aangesien al drie spelers elk R45 aan hulle wenkaartjies bestee het.

Drie mese wen Lotto-boerpot

Drie mese wen Lotto-boerpot Foto: 2OceansVibe

Drie mense het die Lotto-boerpot in die PowerBall Plus-trekking van R22 miljoen gewen. Die boerpot is in drie gedeel en elke persoon kry nou R7 471 539,30.

LEES OOK: Moenie medikasie wat tydens plundering gesteel is, koop nie

Lotto-boerpot word in drie gedeel

Die trekking vir die boerpot het op Vrydag 9 Julie 2021 plaasgevind en een wenner het reeds sy geld opgeëis.

R45 die gelukkig bedrag

Dit lyk of R45 die gelukkige bedrag is, aangesien al drie spelers elk R45 aan hulle wenkaartjies bestee het.

Een wenner het die Lotto op sy Absa-banktoep gespeel, terwyl die ander twee kaartjies by ’n winkel in onderskeidelik die Oos-Kaap en Pretoria gekoop het.

LEES OOK: Vermeende aanvallers wat op Zoom vasgelê is, ontken skuld

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *