Ma gearresteer nadat baba se liggaam in gat gevind is

Volgens ‘n inwoner het die bure van die ma gesien hoe sy ‘n gat langs haar sinkhuis grawe.

Die liggaam van die baba is met komberse en sakke toegedraai.

Die liggaam van die baba is met komberse en sakke toegedraai. (Foto: TimesLive)

KAAPSTAD. – ‘n Ma van Khayelitsha is gearresteer nadat haar baba se liggaam langs haar informele sinkhuis in ‘n gat gevind is. Terwyl polisielede besig was met hierdie saak is hul geroep na nog ‘n voorval in die omgewing.

Volgens IOL is die polisie na die ontbindende liggaam van die baba gelei weens die reuk daarvan.

Die liggaam van die baba was in komberse en sakke toegedraai.

Volgens ‘n inwoner het die bure van die ma gesien hoe sy ‘n gat langs haar sinkhuis grawe. Hulle het gedink sy doen dit om te keer dat water nie in haar huis inloop nie.

“Niemand het gewonder waarvandaan die reuk kom nie. Ons het maar aangeneem dis van die water wat so lank stil lê in die pad.”

Nog ‘n voorval in die omgewing

Terwyl polisielede besig was met hierdie saak is hul geroep na ‘n ander voorval in dieselfde omgewing waartydens ‘n seun glo sy ma gesteek het.

Die 22-jarige is ook gearresteer nadat hy na bewering sy 48-jarige ma doodgesteek het.

Inwoners het glo probeer help nadat hulle ‘n geluide gehoor het.

“Die jonger broer het huilend by ons huis ingekom. Ek is toe dadelik soontoe. Toe ek daar aankom, het sy ander broer ‘n groot mes by hom gehad. Ander mense het kom help omdat hulle kon hoor daar word om hulp geroep, maar tog het hy niemand toegelaat om naby te kom terwyl hy die mes gehad het nie. Mense het probeer om by die huis in te breek om te help.”

“Hy het daarin geslaag om van die mense te ontsnap en het na die hoofweg gehardloop. Mense kon hom vang en teen dié tyd was die polisie reeds op die toneel. Hy is toe in hegtenis geneem,” het ‘n inwoner gesê.

Lees ook: Vrou wat baba glo in rivier gooi, open eers saak van ontvoering

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *