Vrou (94) durf langste foefieslaaid oor oseaan aan

Vrou (94) durf langste foefieslaaid oor oseaan aan (Foto: Mossel Bay Municipality)

Vrou (94) durf langste foefieslaaid oor oseaan aan (Foto: Mossel Bay Municipality)

Die 94-jarige Marie Fick is ‘n inspirasie vir vele ná sy Saterdag die langste foefieslaaid ter wêreld oor ‘n oseaan by die Punt in Mosselbaai aangedurf het.

Fick het by haar dogter, Mariaan Fick-Joubert, gekuier toe sy en ‘n vriend, Pieter Swanepoel, vir haar ma die foefieslaaid van 1,1 km gaan wys het. Fick woon in die Lofdal-aftreeoord in Bloemfontein.

Mariaan vertel hoe vreemde mense haar ma gelukgewens en foto’s geneem het na sy die foefieslaaidrit voltooi het. “Dit was wonderlik om te sien.”

Fick sê sy sal dit vir enigiemand aanbeveel.

“Jy gly glad nie vinnig nie,” vertel sy aan Netwerk24. “Dis stadig en rustig en jy kan die mooi rotse en die see sien. Dit was ‘n baie lekker ondervinding. Dit gaan net te vinnig verby. As jy weer sien, is dit klaar.”

Mosselbaai-munisipaliteit het Fick ook op hulle Facebook-blad gelukgewens met haar braafheid om die foefieslaaid aan te durf.

Lees ook: Covid-19: Só lyk die nuutste syfers

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *