Babaseuntjie met lakterende borste gebore

Dit is ‘n seldsame verskynsel waarin ‘n oorvloed estrogeen van die swanger moeder na die baba oorgedra word.

Babaseuntjie met lakterende borste gebore

Babaseuntjie met lakterende borste gebore Foto: New York Posts

INDIANA. – ‘n Ma, Vanessa Moran (28), was stomgeslaan en geskok toe haar babaseuntjie se borste op ‘n week oud begin groei en melk produseer.

Kylan Sherrill, 3,4 kg tydens geboorte, was ‘n gesonde baba by geboorte. Sy ma het ‘n week na sy geboorte opgelet dat sy “borste” begin swel het. Kylan het ook al hoe onrustiger begin raak. Volgens sy ma het hy meer begin kerm en baie gehuil.

“Ek was bang. Ek het dit nog nooit by ‘n baba gesien nie,” het Moran gesê. Sy het aanvanklik gedink dit kan ‘n infeksie of “iets lewensgevaarlik” wees. Kylan se bekommerde ma en pa het dadelik hul huisdokter besoek, wat die babaseuntjie met neonatale galaktoree gediagnoseer het.

Babaseuntjie se lakterende borste klaar op

Dit is ‘n seldsame verskynsel waarin ‘n oorvloed estrogeen van die swanger moeder na die baba oorgedra word. Dit affekteer beide mans en vroue. Soms word na die afskeiding as “heksmelk” na aanleiding van ‘n 17de eeuse bygeloof, verwys.

Alhoewel dit nie permanent of lewensgevaarlik was nie moes Kylan, volgens sy dokters, die pyn van laktasie ongeveer twee maande verdra voordat sy hormone stabiliseer het. Na omtrent ses weke het Kylan se geval van neonatale galaktoree opgeklaar. Nou, op die ouderdom van 13, leef hy ‘n gesonde, normale lewe.

Sy ma deel die afgelope tyd Kylan se storie op sosiale media om ander ouers ook bewus te maak van hierdie seldsame verskynsel.

LEES OOK: Suretha appelleer teen borgtoguitspraak – ‘kinders trek swaar’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *