August 1, 2021

Ma en kind (3) verdwyn saam

Skakel die ondersoekbeampte, Lilian Mahlathi, by 0824691240 of kontak misdaadstop 0860010111.

Ma en kind (3) verdwyn saam

Ma en kind (3) verdwyn saam Foto: verskaf

NAMAKGALE – Die polisie op Namakgale buite Phalaborwa vra hulp van die publiek om ‘n 31-jarige ma, Ndabeni Pretty Lewele, en haar 3-jarige kind, Shire Lewele, op te spoor wat op 8 Julie 2021 vermis geraak het.

A. o. Marobo Seabela, polisiewoordvoerder, sê die twee is na bewering die oggend laas deur Pretty se ma gesien nadat hulle haar aan baar gesê het dat hulle haar pa op Makhushane gaan besoek.

Ma en seun verdwyn

Later die aand het die pa sy vrou gebel en uitgevra oor waar die twee hulself bevind. Sy vrou het vir hom gesê dat hulle gegaan het om hom te besoek, maar hulle het nooit op die dorp Makhushane aangekom nie. Hulle word sedertdien vermis.

Pogings om na die twee by familielede, bure en omstreke te soek, was nie suksesvol nie.

Polisie vra hulp

“Pretty is lig van kleur en daar is geen duidelike beskrywing van die tipe klere wat hulle aangehad het tydens hul verdwyning nie.”

Enigiemamd met inligting wat kan help om die vermiste persone op te spoor, moet die ondersoekbeampte, Lilian Mahlathi, by 0824691240 of misdaadstop 0860010111 kontak.

LEES OOK: Suretha appelleer teen borgtoguitspraak – ‘kinders trek swaar’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *