Halsey wys eersteling

Die paartjie is al vir meer as ’n jaar ’n item en het in Januarie 2021 die swangerskap bekend gemaak.

Halsey wys eersteling

Halsey wys eersteling Foto: Cosmopolitan

Halsey, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer, het haar eersteling, ’n babaseuntjie, vir die wêreld gewys.

LEES OOK: Ma sweer truuk neem sonbrand binne 30 minute weg

Halsey en kêrel verwelkom eersteling

Halsey (26) en haar vervaardiger-kêrel (37), Alev Aydin, het klein Ender Ridley Ayden op 14 Julie 2021 in die wêreld verwelkom.

Die paartjie is al vir meer as ’n jaar ’n item en het in Januarie 2021 die swangerskap bekend gemaak.

Halsey het die geboorte van Ender in ’n Facebook-plasing as “raar”, eufories en aangedryf deur liefde beskryf.

Geen trouplanne

Volgens bronne na aan die paartjie het hulle geen trouplanne vir die nabye toekoms nie.

Die bron het aan Cosmopolitan gesê alhoewel hulle daaroor gepraat het, voel hulle dit is net ’n titel en moontlik iets om in die toekoms te oorweeg.

Traumatiese vorige verhouding

Halsey het vir meer as ’n jaar met die sanger, G-Eazy, uitgegaan voordat die paartjie in 2018 uitgemaak het.

Nadat die verhouding geëindig het, het Halsey beweer G-Eazy het haar verneuk en mishandel.

Halsey het ook in hierdie tyd ’n miskraam gehad. Sy het na die miskraam haar hart oopgemaak oor haar jarelange stryd met endometriose en voortplantingsgesondheid.

LEES OOK: Windhoek se begrafnisruimte raak min

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *