NEW YORK. – ‘n Man (80) is dood in ‘n woonstelgebou op Staten Island met die woorde “I touch little girls” op sy bors geskryf, gevind.
Die identiteit van die man is nog nie bekendgemaak nie, aangesien die familie eers in kennis gestel moet word. Volgens die polisie is die man sonder ‘n hemp aan, op sy rug, met snywonde aan sy voorkop gevind. Hy het ook merke aan sy oë gehad.
Man dood gevind
Die boodskap was op sy bors met ‘n swart pen geskryf.
Alhoewel die man al in die verlede 24 kee in hegtenis geneem was, dui verslae nie op ‘n geskiedenis van pedofilie nie. Sy naam verskyn ook nie in die staat se aanlynregister van bekende seksoortreders nie. Hy is al ondermeer in hegtenis geneem vir twee aanrandings teen ‘n vriendin in 1987, ‘n derde aanranding in 1992 en dwelmbesit in 1996.
Die oorsaaak van sy dood word tans ondersoek.
LEES OOK: Babaseuntjie met lakterende borste gebore
LEES OOK: Suretha appelleer teen borgtoguitspraak – ‘kinders trek swaar’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



