Prinses Charlene steeds in Suid-Afrika gestrand

Prinses Charlene van Monaco is steeds in Suid-Afrika vasgekeer nadat sy verskeie ingewikkelde operasies moes ondergaan. Die voormalige Olimpiese swemmer sê sy mis haar man, kinders en honde baie.

Prinses Charlene van Monaco is steeds in Suid-Afrika vasgekeer nadat sy verskeie ingewikkelde operasies moes ondergaan. Die voormalige Olimpiese swemmer sê sy mis haar man, kinders en honde baie. (Foto: News 24)

SUID-AFRIKA. – Prinses Charlene van Monaco is steeds in Suid-Afrika vasgekeer nadat sy verskeie ingewikkelde operasies moes ondergaan. Die voormalige Olimpiese swemmer sê sy mis haar man, kinders en honde baie.

Volgens The South African is Prinses Charlene steeds in Suid-Afrika nadat sy ‘n neus-, oor- en keelinfeksie opgedoen het. Sy het verskeie operasies in ‘n privaat hospitaal in Kwazulu-Natal ondergaan en word nog tans weens mediese redes daarvan weerhou om te vlieg.

Prinses Charlene het in Mei in Suid-Afrika aangekom om ‘n veldtog vir die beskerming van wilde diere te voer. Die prinses het agtergekom iets is fout toe sy pyn in haar ore ervaar het. Sy het vroeër in Europa aan haar sinusse laat werk om ruimte vir ‘n beenoorplanting te skep met die oog op ‘n tandheelkundige inplanting.

Sy moes haar geskeduleerde tyd om terug te keer na Monaco vir haar 10de huweliksherdenking weens die operasies uitstel.

Sy hou haar tans besig met liefdadigheidswerk en spandeer virtueel tyd met haar man en prinses Gabriella en prins Jacques. “My daaglikse gesprekke met Albert en my kinders help my om moed te hou, maar ek mis hul teenwoordigheid baie,” het sy erken in ‘n onderhoud wat in Junie aan People gegee is. “Ek kan nie wag dat ons saam is nie.”

Lees ook: Wonderwerk- IVB-baba sterf in fratsongeluk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *