September 24, 2021

Wonderwerk- IVB-baba sterf in fratsongeluk

“My seuntjie was so perfek. Ek was versot op hom.”

Wonderwerk IVB-baba sterf in fratsongeluk

Wonderwerk IVB-baba sterf in fratsongeluk Foto: The Mirror

CAMBRIDGE. – ’n Wonderwerk-baba het in ’n fratsongeluk gesterf. Rachael Thorold (36) het uiteindelik na invitro-bevrugting met haar wonderwerk baba swanger geraak, maar op net vyf maande het hy tragies in ’n fratsongeluk gesterf.

LEES OOK: Rotary Knysna-fietstoer gekanselleer

Bussie verlaat die pad

Rachael het in Januarie haar vyf maande oue baba in sy stootwaentjie op die sypaadjie gestoot toe hulle albei deur ’n Renault-bussie getref is wat die pad verlaat het.

Haar baba is op slag dood en Rachael was vir tien dae in ’n koma waarna sy vir maande in-en-uit bewusteloosheid gedryf het.

Rachael is eers na 118 dae uit die hospitaal ontslaan.

Wonderwerk-baba

Sy het aan The Mirror gesê sy het baie lank gewag vir ’n baba en dit was ’n moeilike pad met die IVB-behandeling.

“My seuntjie was so perfek. Ek was versot op hom.”

Sy het voortgegaan om te sê haar hart is in stukke en sy sal nooit oor die hartseer kom nie.

Kan nie fratsongeluk onthou nie

Rachael kan glad nie die ongeluk onthou nie, maar sê sy het geweet haar baba is dood die oomblik toe sy haar bewussyn ten volle herwin.

LEES OOK: ‘Ek het depressie gehad’ – Brad Pitt

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *