SUID-AFRIKA. – Verlate plekke is altyd hartseer om te sien. Bayworld is in 1960 in Gqeberha (Port Elizabeth) gebou en was deur die jare ‘n groot en gewilde toeriste-aantreklikheid in die Vriendelike Stad.
Terwyl robbe en pikkewyne aan die Pretoria-museum vir ‘n teelprogram geleen is, sou opknapping en uitbreiding aan die oseanarium gedoen word.
Gebrek aan finansiering en verlies aan belangstelling het egter gelei tot die sluiting van die oseanarium by die fasiliteit op 31 Maart 2011.
LEES OOK: ‘Ek het depressie gehad’ – Brad Pitt
Verlate, maar help steeds met redding
Bayworld help egter steeds, ten spyte van min befondsing, met rehabilitasie en redding van diere.
Daar is ’n museum wat die publiek kan ondersteun en help met die pogings van personeel om die diere wat hulle red, te versorg.
Verlate plekke
Daar is nog steeds ’n bordjie uit 2011 wat opknappingswerk in die tyd van tydelike sluiting belowe, maar tien jaar later is daar nog geen teken hiervan nie.
Alhoewel sommige diereliefhebbers bly was om die dolfyn- en haaitenk leeg te sien, is dit hartseer om te sien hoe verlate en verwaarloos hierdie eens trotse fasiliteit vandag daar uitsien.
LEES OOK: Keith Vermeulen-moord: Saak weer uitgestel
















Alle foto’s deur Forgotten in Africa.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



