SCHMIDTSDRIFT. – ‘n Tienerseun (16) het vandag weer in die landdroshof op Douglas op aanklag van moord verskyn. Dit volg nadat Keith Vermeulen (40) van Kimberley se liggaam Sondag 28 Maart 2021 met ‘n skietwond in sy kop in ‘n veld hier naby gevind is. Vermeulen was glo vir ‘n onbepaalde tyd vermis voordat hy gevind is.
LEES OOK: Verhoor oor kindermishandeling gaan voort
Gaan jag
Volgens bronne na aan die familie het Keith Vermeulen saam met ‘n seun (16) op sy familieplaas, Mosesberg, naby Schmidtsdrift, gaan jag.
Die verdagte is twee dae later, op 30 Maart, in hegtenis geneem. Aanvanklik is vermoed Vermeulen was die slagoffer van ‘n plaasaanval nadat hy met ‘n skietwond in sy kop gevind is.
Saak uitgestel
Die saak is vandag in hof B in die Douglas-landdroshof tot 2 September 2021 uitgestel.
LEES OOK: Ouma Joan se sjokoladeklonte
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



