WORCESTER. – Galdina Nelson (55), wat teregstaan op twee aanklagte van kindermishandeling, se verhoor sal op 3 en 4 November 2021 voortgaan.
LEES OOK: Dokter geboei op pad na sterwende pasiënt
In hegtenis geneem
Nelson in in Januarie 2019 op ’n plaas naby Worcester in hegtenis geneem nadat sy na bewering ’n kind aan ’n bed vasgemaak het en ’n ander glo met ’n perdesweep geslaan het.
Sy het 12 kinders van twee tot 16 jaar oud op die plaas in haar toesig gehad. Nadat sy in hegtenis geneem is, is die kinders onder die sorg van die staat geplaas.
Sorg al meer as ‘n dekade vir kinders
Volgens IOL is die kinders in haar sorg geplaas deur ouers of familielede wat ’n beter lewe vir hulle wou hê en sorg sy al vir meer as ’n dekade lank na vigswesies en mishandel en verwaarlose kinders.
Na verskeie vreemde optredes in die hof, is daar besluit sy moet vir sielkundige waarneming gaan. Sy het glo eers geweier om die afspraak by te woon, maar het wel die hofbevel nagekom.
LEES OOK: Lekker pannekoek-resep vir die koue weer



