As dit sous in die Kaap soos dit hierdie week in die Kaap sous, bak die Kapenaars pannekoek.
LEES OOK: Zucchini-broodresep
Bestanddele:
- 1 liter kraanwater
- 4 koppies koekmeel
- 1 teelepel sout
- 4 eiers
- 250 ml sonneblomolie
- 62.5 ml wit asyn
- 4 teelepels bakpoeier
Metode:
- Klits eiers en ‘n bietjie van die water.
- Klits olie en asyn by.
- Sif meel en sout om die beurt met die res van die water by.
- Klits bakpoeier in.
- Meng goed en laat staan vir ‘n halfuur tot ‘n uur.
- Bak. Die pan hoef net vir die eerste pannekoek met ongeveer ‘n eetlepel olie gesmeer te word.
- Dis baie pannekoeke. Die resep kan maklik halveer word.
Resep deur Una Engelbrecht
LEES OOK: Vuur brand buite beheer naby Christiana



