Zucchini-broodresep

Deel hierdie storie / Share this story

Jy sal nie net een sny van hierdie zucchini-brood kan eet nie! Almal sal daarvan hou.

LEES OOK: Verdagte in hegtenis vir besit en verspreiding van kinderpornografie

Bestanddele:

  • 2 koppies meel
  • 2 groot eiers
  • ½ teelepel sout
  • ½ koppie karringmelk
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel koeksoda
  • 2 koppies zucchini (murgpampoentjies), gerasper
  • 1 teelepel vanielje-essens
  • 1 teelepel kaneel
  • ½ koppie witsuiker
  • ½ koppie bruinsuiker
  • ½ koppie sagte botter

Metode:

  • Sif die meel, sout, bakpoeier, koeksoda en kaneel saam in ‘n klein bak en plaas eenkant.
  • Klop of klits die sagte botter, witsuiker en bruinsuiker in ‘n groot bak.
  • Voeg die eiers en vanielje by die suikermengsel.
  • Meng die karringmelk en gerasperde zucchini daarby in.
  • Gooi die droë bestanddele by die nat bestanddele en roer dit liggies totdat dit gemeng is. Moenie te veel meng nie.
  • Gooi dan die mengsel in ’n gesmeerde broodpan, maak gelyk bo-op en bak by 180°C vir 55 tot 60 minute of tot goudbruin.

LEES OOK: