DURBAN. – ’n Verdagte (53) is vanoggend vir die besit en verspreiding van kinderpornografie in hegtenis geneem.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op 12 Mei 2021 inligting van ’n geheime agent in die VSA ontvang oor ’n man wat kinderpornografie op sosiale media versprei.
LEES OOK: Mike Bolhuis se heruitsending op KykNET gekanselleer
Huis deursoek
Die polisie het die verdagte geïdentifiseer en sy huis in Ridley Park in Malvern is deursoek. ’n Selfoon en twee geheuestokkies is gekonfiskeer.
Die selfoon is op die toneel ontleed en beelde van kinderpornografie is op die toestel gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem en sal môre in die Durban-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Meisie vermis na vermeende ‘maatskaplike werker’ haar glo kom haal



