Een dood na ongeluk vanoggend in McDougalstraat

“Daar was geen ander beserings nie,” sê kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder.

Een dood na ongeluk vanoggend in McDougalstraat

Een dood na ongeluk vanoggend in McDougalstraat Foto: SOLOMON EDWARDIAN GUEST HOUSE

KIMBERLEY. – Die bestuurder van ‘n Pajero is vanoggend om 07:00 op die toneel dood verklaar toe die voertuig teen ‘n vragmotor in McDougalstraat naby Diamond Pavillion Mall gebots het.

Daar word beweer die vragmotor het vanaf die mall in die rigting van Memorialweg gery terwyl die Pajero in die teenoorgestelde rigting gery het. Die bestuurder van die Pajero het glo beheer verloor en na die verkeerde baan beweeg.

“Hoewel die bestuurder van die vragmotor na regs geswaai het om die botsing te vermy, het die Pajero teen die linkerkant van die vragmotor gebots. Die bestuurder van die Pajero is op die toneel dood verklaar. Daar was geen ander beserings nie,” sê kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder.

‘n Saak van strafbare manslag is geopen en word ondersoek.

LEES OOK: Ongeluk op R31 – twee dood toe bakkie onder vragmotor beland

LEES OOK: Twee dood in ongeluk naby Diskobolos-weermagbasis

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.