Ongeluk op R31 – twee dood toe bakkie onder vragmotor beland

‘n Groen Ford Bantam-bakkie het onder een van die vragmotor se sleepwaens ingery.

Ongeluk op R31, twee dood toe motor onder vragmotor beland

Ongeluk op R31, twee dood toe motor onder vragmotor beland Foto: agoda.com

BARKLY-WES. – ‘n Ongeluk op die R31 agter Soul City het die lewe van twee mense, ‘n man (20) en die bestuurder van die voertuig (29), geeis.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê op Saterdag 26 Junie 2021 omstreeks 20:40 is die polisie na ‘n ongelukstoneel op die R31 agter Soul City ontbied. Met die polisie se aankoms het hulle ‘n vragmotor met twee sleepwaens wat skeef staan, gevind.

‘n Groen Ford Bantam-bakkie het onder een van die vragmotor se sleepwaens ingery. ‘n Man en vroulike passasier was agter op die bakkie. Die man (20) en die bestuurder van die bakkie (29) is op die toneel deur die paramedici dood verklaar. Die man en vrou wat agter op die bakkie was, is na ‘n hospitaal vervoer.

‘n Saak van strafbare manslag is geopen en word ondersoek.

LEES OOK: Twee dood in ongeluk naby Diskobolos-weermagbasis

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.