KIMBERLEY. – Twee insittendes, beide Suid-Afrikaanse weermaglede, is dood in ‘n ongeluk gisteraand by die Diskobolos-weermagbasis.
Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke. Die pad was gisteraand vanaf 18:00 tot ongeveer 21:00 gesluit. Daar was nog insittendes in die motor wat na ‘n hospitaal vir behandeling geneem is.
Hou FiND iT dop vir meer inligting rakende die gebeure.



