VRYSTAAT. – ‘n Bejaarde, Henk Burgers (62), is dood nadat vermeende rowers by sy huis ingebreek het, ‘n struweling ontstaan het en die huis glo daarna aan die brand gesteek is.
Met die polisie se aankoms het hulle Beukes bedek met ‘n kombers buite die huis gevind. Hy het nog geleef en homself aan die polisie voorgestel. Hy het aan die polisie vertel dat hy glo deur bure uit die brandende huis gered is.
Die slagoffer beweer hy het geslaap toe hy voetstappe in die kombuis gehoor het en gaan ondersoek instel het. Hy is na bewering deur twee mans gekonfronteer wat toegang tot sy huis verkry het deur ‘n venster te breek. Die mans het hom toe glo met ‘n ysterstaaf en mes aangeval. Hy het probeer terugveg, maar is oorrompel. Hy het toe sy bewussyn verloor.
Na ‘n rukkie het hy wakker geword en rook en vlamme in die huis opgemerk. Die slagoffer, wat alleen gebly het, is daarna glo deur sy buurman gered en later na die Vrede-hospitaal gehaas. Hy is ure nadat hy opgeneem is oorlede.
‘n Saak van moord en brandstigting word ondersoek. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie. Enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes, moet kapt. Mostert kontak by 082 466 7752 of Crime Stop by 08600 10111 skakel.
LEES OOK: Een dood na ongeluk vanoggend in McDougalstraat
LEES OOK: Ongeluk op R31 – twee dood toe bakkie onder vragmotor beland
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



