Sjokoladeklonte? Dis winter en ons soek soetgoed. Ek het grootgeword met ouma Joan se sjokoladeklonte. Dis maklik, ‘n mens het gewoonlik die bestanddele in die huis.
LEES OOK: Lekker pannekoek-resep vir die koue weer
Bestanddele vir sjokoladeklonte:
- 125 g harde margarien
- 2 koppies suiker
- 125 ml kakao
- 125 ml melk
- 750 ml hawermout
- 250 ml klapper
- 5 ml vanieljegeursel
Metode:
- Smeer ’n bakplaat.
- Kook die margarien, suiker, kakao en melk saam vir 5 minute in ’n groot kastrol.
- Roer die hawermout, klapper en vanieljegeursel by.
- Skep kleinerige klonte met ’n teelepel op die gesmeerde bakplaat terwyl die mengsel nog warm is.
- Laat afkoel tot klonte stewig is.
Resep deur Una Engelbrecht.
Wat dink jy van hierdie sjokoladeklonte resep?
LEES OOK: Dokter geboei op pad na sterwende pasiënt
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



