WES-KAAP. – ’n Stormwaarskuwing weens sterk winde is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir die binnelandse dele van die Wes-Kaap uitgereik.
LEES OOK: Vuur buite beheer op Boshof-pad
Skuif na vlak 8
Die stormwaarskuwing is nou na ’n oranje vlak 8 geskuif weens die erns van die windsterkte en sal geldig weens vanaf 29 Junie 2021 om 20:00 tot en met 30 Junie 2021 om 00:00.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ’n noordwestelike wind met intense rukwinde kan oor die binneland verwag word, sowel as langs die kuslyn tussen Alexanderbaai en Saldanhabaai, maar Kaapstad sal na verwagting die ergste wind mis. Die weerdiens het ’n oranje vlak 6-waarskuwing vir reënval uitgereik.
Stormwaarskuwing vir die Wes-Kaap voorspel tot Donderdag
Volgens die Wes-Kaapse departement van omgewingsake sal die stormwaarskuwing tot Donderdagaand geld. Dit het mense versoek om voorsorg te tref en in noodgevalle uit te reik na die rampspanne wat op ‘n gereedheidsgrondslag is.
LEES OOK:‘Ek het depressie gehad’ – Brad Pitt
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



