Knysna Speed Festival, die organiseerder van die Rotary Knysna-fietstoer wat vir 17 en 18 Julie beplan is, het aangekondig die geleentheid is weereens weens die voortdurende Covid-19-pandemie en gepaardgaande regulasies gekanselleer.
LEES OOK: Lekker pannekoek-resep vir die koue weer
Realistiese opsies vir Knysna-fietstoer oopgehou
Daar was drie verskillende scenario’s wat beskou was as realistiese opsies op grond van veranderende omstandighede, maar met die president se aankondiging Sondagaand is daar geen ander opsie as om te kanselleer nie.
“Nadat ons die 2020-byeenkoms moes kanselleer, wil ons as organiseerders niks anders hê as dat die Knysna-fietstoer volgens skedule moet voortgaan nie, maar onder die huidige omstandighede en na oorweging met alle relevante partye is dit nie moontlik om die geleentheid moreel of wettig te bestuur nie.
Nie ligtelik geneem nie
“Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie. Ons het al die belanghebbendes geraadpleeg, insluitend provinsiale en plaaslike owerhede, hospitaalowerhede, grondeienaars, verskaffers en vrywilligers en daar is net geen manier om ’n veilige en wettige geleentheid te hou nie.”
Virtuele geleenthede sal van 5 Julie tot 1 Augustus 2021 op die Rouvy-platform voortgaan.
LEES OOK: ‘Ek het depressie gehad’ – Brad Pitt
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



