Jacob Zuma sal hom by Nkandla-polisiestasie oorgee

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-president Jacob Zuma is Dinsdag in die konstitusionele hof skuldig bevind aan minagting van die hof en is tot 15 maande tronkstraf gevonnis.

Dudu Zuma-Sambudla, Jacob Zuma se dogter, sê haar pa is “sonder vrees” na hy skuldig bevind is. Sy sê hy sal homself by die Nkandla-polisiestasie gaan oorgee.

Na die hof haar pa gevonnis het, het sy haarself na Twitter gewend om haar ondersteuning vir haar pa publiek te maak.

“Amandla! Ek het sopas met my pa gepraat en hy is in ‘high spirits’ en het geen vrees nie. Ons kan tussen Johannesburg of Nkandla kies om die vonnis uit te dien. Natuurlik het ons naby aan die huis gekies. Inperking of geen inperking, ons sal saam met jou gaan.”

Hoofregter Sisi Khampepe het Dinsdag in die hof se meerderheidsuitspraak gesê die konstitusionele hof het geen ander keuse as om oud-president Jacob Zuma ‘n vonnis van effektiewe tronkstraf op te lê nie. Lees hier meer.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.