BRITTANJE. – Die polisie is op soek na die vroulike toeskouer in ‘n geel baadjie wat ‘n massabotsing van fietsryers by die Tour de France veroorsaak het. ‘n Video van die voorval word sedertdien oral op siosiale media gedeel.
Die vrou met haar plakkaat waarop staan “Komaan Ouma en Oupa” het glo in die pad, waar die fietsryers veronderstel is om te ry, oorgeleun. Net voor die voorval het sy glo weggekyk en nie die groep fietsryers sien aankom nie. Die Duitse fietsryer Tony Martin het eerste in die bord vasgery en geval. Dit het veroorsaak dat die meeste van die peloton ryers ook geval het.
Botsing by Tour de France
Een van die fietsryers moes heeltemal uit die ren onttrek terwyl ander deur dokters behandel is. Die vrou het glo direk na die voorval van die toneel gevlug.
BBC-nuus berig die polisie sê hulle het ‘n strafregtelike ondersoek van stapel gestuur. Hulle beoog om die vrou aan te kla dat sy “doelbewus die veiligheidsregulasies oortree het en beserings veroorsaak het wat iemand tot drie maande kan verhoed om te werk”.
Kyk hier na die video van die botsing by die Tour de France:
LEES OOK: Meisie (13) red gesin tydens rooftog
LEES OOK: Ongeluk op R31 – twee dood toe bakkie onder vragmotor beland
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



