Meisie (13) kruip weg, red familielede tydens rooftog

Deel hierdie storie / Share this story

KAMEELDRIFT. – ‘n Meisie (13) wat saam met nog twee familielede op ‘n kleinhoewe wes van Pretoria bly, het vinnig gedink en waarskynlik Sondag haar familie se lewe tydens ‘n rooftog gered.

Die 13-jarige het wakker geword en besef daar is mense wat by hulle dubbelverdiepingwoning ingebreek het en besig was om die huis te deursoek. Sy het by die huis uitgeglip en in die tuin gaan wegkruip. Sy het dadelik iemand van die gemeenskapspolisiëringsforum gebel en in kennis gestel oor wat aan die gebeur was.

Meisie wat familielede red, bel bure

Hulp is na die toneel ontbied. Plaaslike GPF-lede het twee inwoners van die huis gevind wat albei vasgebind was. Die Hercules-polisie het die toneel ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens inligitng van ‘n plaaswaggroep het die aanvallers na bewering met selfone, skootrekenaars en TV’s gevlug. Die meisie wat haar familielede kon red, word nou op sosiale media geprys.

LEES OOK: Een dood na ongeluk vanoggend in McDougalstraat

LEES OOK: Ongeluk op R31 – twee dood toe bakkie onder vragmotor beland

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.