KIMBERLEY. – Johannes Janse van Rensburg, ‘n inwoner van Kamfersdam, sê hy oorweeg dit al om ‘n hofsaak teen die Sol Plaatje-munisipaliteit te maak oor waterlekke waaroor hy al vir meer as ses maande kla.
“Ek het al met verskeie persone gepraat wat elke maal belowe om iets omtrent die waterlekke te doen,” sê hy. “Maar daar kom niks daarvan nie.”
Hy sê ook hy en inwoners van vyf ander huise in die Kamfers-area het al ‘n petisie geteken en ingehandig sodat die munisipaliteit iets sal doen omtrent kabels wat in die omgewing gesteel word.
“Ons het selfs al gevra vir net ‘n lig sodat ons kan sien as mense die goed steel.”
Van Rensburg sê hy is moedeloos en oorweeg dit om ‘n hofsaak aanhangig te maak.
Lees ook: Só maak jy om te registreer vir jou inenting
Lees ook: Minister Motshekga monitor inentingsprogram in Kby
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



