Groot hartseer oor Lieb Bester se afsterwe

Deel hierdie storie / Share this story

Medelye stroom in op Facebook nadat die afsterwe van die bekende akteur en musikant, Lieb Bester, vanoggend aangekondig is.

Bester is bekend vir sy rolle in Villa Rosa, Binnelanders en ook in die program Met ‘n huppel in my stap.

Volgens Kanaal 7 kon hy trekklavier, konsertina en kitaar speel.

Mariaan Mariana, ‘n FiND iT-leser skryf: “RIV Lieb 🌺 jy sal altyd my gunsteling wees.”

‘n Facebook-plasing van Steve Hofmeyr lui as volg: “Ek verneem met groot hartseer van Lieb Bester se afsterwe. Hy was my kinderheld in Die Rebel en baie van my drome het waar geword toe ek later teenoor hom kon speel in Agter elke man die fliek. My gebede is by sy familie. “

Burre Burger het geskryf: “Oom Lieb, Oom was ‘n yster. Rus sag by Jesus se voete. Ons wou so graag partytjie saam gehou het by oom Gert.”

Foto: Facebook
Foto: Facebook
Lieb Bester waar hy ‘n trekklavier speel

Lees ook: Reuse koek vir Mandela-dag