Ma vra vir R5k boete nadat sy bende toelaat om dogtertjie te verkrag

Die staatsaanklaer het egter ‘n minimum van tien jaar agter tralies gevra en gesê die kleuter het gely.

Debbie probeer om die tweejarige aan te neem.

Debbie met die dogtertjie. Debbie probeer om die tweejarige aan te neem. (Foto: IOL)

KAAPSTAD. – ‘n Ma (27) en haar vriendin (32) is skuldig bevind nadat hulle ‘n bende toegelaat het om haar tweejarige dogtertjie te verkrag en te martel. Beide het ‘n versoek aan die hof gerig om eerder elk ‘n R5 000 boete te betaal as om tronk toe te gaan. Die twee het in die Parrow-streekhof voorgekom.

Volgens IOL het die ma van die dogtertjie gehuil en gesê sy wil nie tronk toe gaan nie, maar is bereid om tussen R5 000 en R10 000 te betaal vir haar dade.

Die ma en haar vriendin is skuldig bevind nadat die dogtertjie in 2019 uit ‘n dwelmnes gered is.

Debbie van Rensburg (56) en haar seun Cisco (27) het die dogtertjie ontdek. Dit het groot oproer veroorsaak in die Eureka Estate-gemeenskap toe dit aan die lig kom dat die dogtertjie verkrag is, haar geslagsdele gebrand is, haar klein lyfie gebyt is en haar hare gesny is.

Debbie en haar seun het die dogtertjie ontdek. (Foto: IOL)

Die ma het huilend in die hof gesê haar kinders ly terwyl haar vriendin Ursula Paste gesê het die hof moet klaarmaak en sy kan R5 000 boete betaal.

“Ek wil hê die hof moet met my klaarmaak, want ek is moeg vir hierdie saak en is sterk vir my gesin wat oor my bekommer. Ek sit al twee jaar en vyf maande in die tronk en is moeg. My oudste seun het begin drink en dagga rook terwyl ek hier is. Ek het ingestem dat ek nalatig was, maar ek het nie gesien dat die kind mishandel word nie, en het net daardie kind ‘n slaapplek gegee,”het Paste gesê.

Die ma sê sy is klaar met dwelms

Die ma van die dogtertjie sê sy is klaar met dwelms en voel seergemaak dat iemand haar dogtertjie wil aanneem terwyl sy in die tronk sit. Dit sê sy omdat Debbie probeer om die tweejarige aan te neem.

Die verdedigingsadvokaat het gesê dat albei beskuldigdes berou getoon het oor hul optrede en die hof gevra om hulle elk met R5 000 te beboet of tot ‘n maksimum van vyf jaar tronkstraf te vonnis.

Die staatsaanklaer het egter ‘n minimum van tien jaar agter tralies gevra en gesê die kleuter het gely.

Lees ook: Een broer dood toe twee glo stoei

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *