Boer Niel Bruwer en Cheréze Maree was op die 13de seisoen van die gewilde Boer Soek ‘n Vrou vreemdelinge, maar amper ‘n jaar later en dié twee is verlief en verloof.
Albei het die nuus op hulle Instagram-stories gedeel. Vele, onder wie Lisa met die Rooi Hare en Marciel Hopkins, het hulle geluk gewens. Cheréze vertel in ‘n ekslusiewe onderhoud met Netwerk24 sy was onder die indruk hulle twee gaan vir ‘n fotosessie vir bemarkingsdoeleindes.
“Inecke Jonker, die fotograaf, het my oral laat rondkyk en toe ek omdraai, was Niel reeds op sy knie,” vertel sy in die onderhoud met Netwerk24. Die ring is van roosgoud met ‘n morganietsteen in die middel van die twee kleiner diamantjies. Cheréze is “mal daaroor”.
Maak ook kennis met die nuwe boere van Boer Soek ‘n Vrou: 10 boere van BSV – watter een het jou oog gevang?
LEES OOK: Boer Niel en sy Cheréze – liefde blom omtrent tussen dié twee
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



