Terwyl die Olimpiese Spele in Tokyo afspeel, kon aanhangers van Lady Gaga nie die ooreenkoms tussen haar en Julyana Al-Sadeq, die taekwondo-atleet, miskyk nie.
Volgens IOL is Julyana Al-Sadeq van Jordanië en neem sy deel aan taekwondo vir vroue in die weltergewigkategorie van 57-67 kg. Sy het Maandag teen Milena Titoneli Guimaraes van Brasilië geveg.
‘n Aanhangersblad het ‘n foto van Julyana Al-Sadeq op Twitter gedeel met die onderskrif:”Hoekom is Gaga by die Olimpiese Spele?”



