August 1, 2021

Bebloede liggaam gekry terwyl onluste voortduur

Die Chris Hani Crossing inkopiesentrum is Dinsdagaand geplunder.

Bebloede liggaam gekry terwyl onluste voortduur

Bebloede liggaam gekry terwyl onluste voortduur

Terwyl plundery steeds by die Chris Hani Crossing-winkelsenrtum in Vosloorus voortduur, is die bebloede liggaam van ‘n jong man agter ‘n Cashbuild-hardewarewinkel gevind.

Dis nog nie bekend hoe die man dood is nie, maar die polisie vermoed dat hy deel van die groep was wat die inkopiesentrum geplunder het.

Sy identiteit is nog nie bekend nie.

Die Chris Hani Crossing inkopiesentrum is Dinsdagaand geplunder deur die groepe plunderaars wat sedert Vrydag in Gauteng chaos veroorsaak. Twee winkels by die inkopiesentrum het deurgeloop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *