KZN ma’s vra vir hulp om formulemelk vir babas te kry

Talle groothandelaars van babaprodukte het plasings op Facebook gemaak en gesê hulle kan ongelukkig nie hul deure oopmaak nie.

Die donasies van babaformule en tuisgemaakte formule melk kan skadelik wees

Die donasies van babaformule en tuisgemaakte formule melk kan skadelik wees (Foto: Dreamstime)

KWAZULU-NATAL.- Ma’s van hier vra vir hulp om formule en melk vir hul babas te kry. Dit na dae se plundering van winkels en pakhuise. Meeste winkels het geen voorraad meer vir basiese behoeftes nie en ander het hul deure gesluit as beskerming teen die geweldaddige protesaksies.

Die ma’s het hulle na sosiale media gewend vir hulp om voorraad vir hul babas te kry. Baie van hulle smeek dat die winkels hulle deure vir die moeders sal oopmaak.

Die ma’s is desperaat en vra vir formulemelk op sosiale media

‘n Facebook-plasing deur Thabo Mashigo lui as volg: “Laasnag het my vriend van Durban my gebel en gesê hulle kan nie formulemelk in die winkels kry nie. Nou moet pasgeborenes ly omdat mense misluk om te dink daaraan wat die nagevolge van hul dade gaan wees?”

“Babaformule enigiemand? Asseblief, help, dis vir ‘n pasgeborene. Die ma kan nie borsvoed nie.”

Talle groothandelaars van babaprodukte het plasings op Facebook gemaak en gesê hulle kan ongelukkig nie hul deure oopmaak nie.

Thrive South Africa het ‘n soortgelyke boodskap op Facebook gelaai, asook resepte vir tuisgemaakte babamelk. Kliek hier om die resepte te sien.

Daar is na bewering foonnommers van verskaffers beskikbaar op sosiale media waarvandaan melk en doeke gekoop kan word. Volgens IOL gaan hierdie nommers egter direk na stempos toe.

Lees ook: KYK: Hond lei sy baas om die bos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *