April 19, 2021

KYK: Hond lei sy baas om die bos

Foto: Skermgreep

Die video van ’n golden retriever wat “slimmer” as sy baas is, is al meer as vier miljoen maal gekyk.

In die video sit die hond se eienaar ’n lekkerny voor die hond op die tafel neer en sê vir hom om nie te eet tot hy terug is nie. Die oomblik wanneer die hond se eienaar by die vertrek uit is, eet die hond die lekkerny vinnig op, loop na die kas, haal nog ’n lekkerny uit en gaan sit weer doodluiters by die tafel asof hy niks geëet het nie.

In nog ’n video van ’n hondjie wat sy baas om die bos probeer lei as dit by eetgoed kom, staan hondjies in ’n ry om elkeen ’n lekkerny van hulle baas te kry. Een hondjie kry sy lekkerny en wanneer sy baas vir die volgende hondjie sy lekkerny gee, gaan staan die eerste hondjie weer in die ry om nog ’n lekkerny te kry.

Klik hier om na die video te kyk.

Het jou troeteldier ook al so ’n truuk probeer? Stuur ’n video na [email protected].

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: