Troue gekanselleer weens onluste, skenk kos aan meer as 1 000 mense

Die paartjie het gevra dat Drapper hulle help om steeds die bestanddele te gebruik en kos aan mense in nood te verskaf.

Die gewilde spysenier, Andrew Drapper, het reeds die spyseniering begin vir 'n troue toe hy 'n oproep ontvang wat sê die troue is gekanselleer weens die onluste.

Die gewilde spysenier, Andrew Drapper, het reeds die spyseniering begin vir 'n troue toe hy 'n oproep ontvang wat sê die troue is gekanselleer weens die onluste. (Foto: Dreamstime)

DURBAN.- Die gewilde spysenier, Andrew Drapper, het reeds die spyseniering begin vir ‘n troue toe hy ‘n oproep ontvang wat sê die troue is weens die onluste gekanselleer.

Volgens The Good Things Guy het die paartjie gevra dat Drapper hulle help om steeds die bestanddele te gebruik en kos aan mense in nood te verskaf.

Andrew het ingestem en sy gemeenskap het meer as ‘n 1 000 houers ingesamel om die gekookte kos in te verpak. Baie van die kos is na ouetehuise gestuur.

Die paartjie se troue is gekanselleer weens die onluste, maar hulle het baie mense in nood gehelp

Drapper en die paartjie het gevoel dat daar mense is wat verdien om ondersteuning te ontvang te midde van die chaos wat aangaan in die land.

Lees ook: Plundering van byekorwe in SA veroorsaak groot skade

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *