Elon Musk verkies ‘klein’ huurhuis na hy al sy huise verkooop

Deel hierdie storie / Share this story

Die stigter van Tesla en SpaceX, Elon Musk, het op Twitter aangekondig hy het vandeesmaand sy laaste huis verkoop nadat hy vroeër besluit het om van al sewe sy huise ontslae te raak.

Elon Musk en gesin in huurhuis

In sy twiet sê Musk dié huis wat in Kalifornië geleë is, is bedoel vir ‘n groot familie en daarom het hy dit verkoop. Dit is vir $37.5 mijoen verkoop. Sedert Desember 2020 woon hy en sy gesin in ‘n huurhuis in Boca Chica, Texas, met ‘n maandelikse huur van 50 duisend dollar. Hierdie “klein” huurhuis is nader aan waar die konstruksie van die toekomstige Starbase-stad en ‘n SpaceX-lanseringswerf plaasvind.

Daar word berig die uitleg van die huurhuis is soortgelyk aan dié van ‘n mini-ateljeewoonstel – ‘n groot kamer verdeel in ‘n sitkamer, slaapkamer, kombuis en badkamer.

LEES OOK: Vrou gesoek na baba op Bellville-treinstasie gevind is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.