‘n Ma van twee wat reeds 16 cm van haar kolon laat verwyder het en toe gehoor het die kanker het versprei, het nuwe hoop na ‘n fondsinsameling vir haar begin is.
Yolande van Greuning (38) het in Januarie 2021 ‘n sonar en X-strale ondergaan en verskeie medikasies vir pyn en infeksies gedrink. In Februarie 2021 het sy ‘n kolonoskopie laat doen waartydens die dokter iets fout ontdek het. Jolande is gestuur vir ‘n noodskandering. Die skandering het ‘n vergroeiing in haar dikderm en vergrote limfkliere gewys. Sy is met neuro-endokriene-kanker gediagnoseer.
Sy het ‘n twee uur lange operasie ondergegaan om ‘n gedeelte van haar kolon asook 15 limfkliere te verwyder. Alhoewel sy hoop gehad het dat alles daarna sou beter wees, het sy gehoor dat die kanker nou ook in haar lewer is.
Daar was effe lig aan die einde van die tonnel toe Van Greuning en haar man van immuno-terapie hoor. Dié soort behandeling sou elke drie weke herhaal word. Alhoewel dit goeie nuus was, is daar aan hulle gesê die terapie sal hulle maandeliks R45 000 uit die sak jaag, aangesien die mediese fonds nie daarvoor betaal nie.
Mense na aan haar het besluit om ‘n fondsinsameling vir haar te hou – Jolande van Greuning Ondersteuners Groep. Daar is dié week op die Facebook-groep gedeel Jolande het te danke aan al die skenkings met haar immuno-terapie en chemoterapie begin. Volgens die inskrywing is haar lyf seer, maar verder is sy dankbaar. Haar volgende behandeling sal op 11 Augustus plaasvind.
Jy kan Jolande ondersteun op Jolande van Greuning Ondersteuners Groep of haar Back a Buddy-profiel.
LEES OOK: Huis Herfsblaar-atreeoord – spanning loop hoog
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



