September 16, 2021

Huis Herfsblaar-atreeoord – spanning loop hoog

Die aftreeoord het intussen ‘n interdik in die arbeidshof teen werkers bekom. Die interdik verbied enige verdere stakings.

Huis Herfsblaar-atreeoord - spanning loop hoog

Huis Herfsblaar-atreeoord - spanning loop hoog

Spanning loop vanmiddag hoog tussen verskeie groepe wat bymekaargekom het nadat ontevrede werknemers die afgelope tyd hier by Huis Herfsblaar staak.

Die ontevrede werknemers staak al sedert verlede week weens ‘n loongeskil. Die EFF het daarna opslae op sosiale media gemaak deur bewerings oor rassisme by die oord. Die party het aangekondig hulle sal vandag ‘n optog na die oord hou. Die EFF het gevolglik vandag by die oord opgedaag om ‘n memorandum aan die bestuurder van die oord te oorhandig.

Die polisie moes intree tussen die gemeenskap en ongeveer 200 EFF-lede wat met die gemeenskap in ‘n woordewisseling betrokke geraak het. Die sanger Devon Hofmeyr het sy aanhangers ingelig dat hy en die Bittereinders ook vandag by die oord te sien sal wees.

Die aftreeoord het intussen ‘n interdik in die arbeidshof teen werkers bekom. Die interdik verbied enige verdere stakings.

Hou FiNDiT dop om op hoogte te bly.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *