September 16, 2021

Boer uit huis gelok met brand, aangerand vir ure

Daarna hy die boer daarin geslaag om homself te bevry en na sy pa se huis wat op dieselfde plaas is, te vlug. Polisie was na die voorval ontbied. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Boer uit huis gelok met brand, aangerand

Boer uit huis gelok met brand, aangerand Foto: Conservation India

MPUMALANGA. – ‘n Boer, Robbie Koen, is op ‘n plaas in Sulphur Spring tussen Piet Retief en Pongola uit sy huis gelok waarna hy na bewering aangeval was.

Die vermeende plaasaanvallers het glo ‘n brand op die plaas gestig in ‘n poging om die boer uit die huis te lok. Nadat Koen die brand geblus het, is hy na bewering geslaan, vasgebind en gedreig. Hy is ook beveel om geld en vuurwapens te oorhandig.

Boer eers uit huis gelok

Volgens die Emergency Security Response Unit and Farm Watch is Koen glo vir twee en ‘n half uur lank deur die aanvallers aangerand terwyl hulle die huis geplunder het. Die aanvallers het na bewering te voet met huishoudelike artikels, vuurwapens en ammunisie gevlug.

Daarna het die boer daarin geslaag om homself te bevry en na sy pa se huis wat op dieselfde plaas is, te vlug. Polisie is na die voorval ontbied. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Koen se honde is ook vergiftig.

LEES OOK: Leerder geskors na sy meisie aan hare op video sleep

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *