‘n Dogtertjie se Kerswens is vervul toe sy ‘n dag na Kersfees opgespoor is en die pophuis van haar drome gekry het.
John Moon, ‘n oudhoof van Laerskool Vredendal wat pophuise by ‘n Jongensfontein-mark verkoop het, kon nie van die dogtertjie vergeet wat haar pappa gevra het of sy genoeg geld in haar beursie het om ‘n pophuis te koop nie.
Hy het hom na Facebook gewend in ‘n poging om dié dogtertjie en haar pappa op te spoor en haar Kerswens te vervul deur vir haar ‘n pophuis te gee. Met FiND iT se hulp, het ons haar vinnig opgespoor.
Die dogtertjie, wat oorspronklik van Vanderbijlpark is, was dié week saam met haar pa by die Kersmark. Hulle hou tans vakansie by haar ouma-hulle in Stilbaai.
Die dogtertjie is in die wolke oor haar nuwe pophuis.



